Landbou, tegnologie en gemeenskap het by Bergskou 2026 saamgekom, met AFGRI wat besoekers met ’n indrukwekkende reeks John Deere-masjinerie, moderne landbou-oplossings en praktiese produkte verwelkom het.
Die Bergskou, wat van 4–5 September 2026 op die VS Agri-gronde net buite Winterton plaasgevind het, was weereens ’n hoogtepunt op die landboukalender. Met AFGRI as een van die hoofborge het die skou besoekers van regoor die streek gelok en ’n volgepakte program gebied met iets vir die hele familie.
Van landboumasjinerie en tegnologie tot vermaak, kos en familie-aktiwiteite, het Bergskou weereens gewys waarom dié geleentheid ’n belangrike deel van die plaaslike landbougemeenskap geword het.
AFGRI se uitstalling trek aandag
AFGRI se uitstalling was deur die loop van die skou ’n gewilde bestemming en het besoekers die geleentheid gebied om ’n wye reeks John Deere-masjinerie van nader te besigtig.
Die uitstalling het die omvang van die John Deere-reeks mooi ten toon gestel, met alles van grassnyers en trekkers tot ’n stroper. Vir produsente was dit ’n waardevolle geleentheid om die masjiene van nader te bekyk, vrae te vra en met AFGRI se span oor hul spesifieke behoeftes te gesels.
Verskeie implemente was ook uitgestal, onder meer produkte van Amazone, Lemken, Piketberg en Kverneland, om maar ’n paar te noem. Hierdie diverse aanbod het besoekers ’n breër beeld gegee van die oplossings wat beskikbaar is om verskillende landboubehoeftes te ondersteun.
Die Legacy Unlocked-promosie was ook ’n besondere trekpleister en het heelwat belangstelling onder besoekers gewek. Verskeie kliënte het die geleentheid gebruik om meer oor die promosie en beskikbare John Deere-oplossings uit te vind.


Tegnologie wat landbou vorentoe neem
Moderne landbou gaan oor meer as net masjinerie. Tegnologie speel ’n al hoe groter rol in hoe produsente beplan, bestuur en uiteindelik meer uit hul bedrywighede haal.
Besoekers aan die AFGRI-uitstalling kon met kundiges gesels oor landboutegnologie en die verskillende oplossings wat beskikbaar is om produsente te ondersteun. Van data en masjienmonitering tot slimmer besluitneming, tegnologie bied produsente nuwe maniere om hul bedrywighede doeltreffend te bestuur.
Hierdie persoonlike gesprekke bly ’n belangrike deel van AFGRI se teenwoordigheid by landbouskoue, aangesien elke produsent se behoeftes en uitdagings uniek is.
Konstruksie-oplossings ook in die kollig
Die AFGRI Equipment Construction & Forestry-span het ook aandag getrek met twee masjiene op uitstalling: ’n Wacker Neuson-masjien en ’n John Deere skid steer.
Die kenmerkende geel konstruksie masjiene het besoekers die geleentheid gegee om die toerusting van nader te bekyk en meer oor die beskikbare oplossings vir konstruksie, grondverskuiwing en ander toepassings uit te vind.
Die konstruksie-uitstalling het die breër omvang van AFGRI se toerustingaanbod by die skou beklemtoon.
’n Ervaring vir die hele familie
Bergskou is egter nie net oor landbou en besigheid nie. Dit is ’n geleentheid waar families bymekaarkom en die dag saam geniet.
Die jongspan is by AFGRI se uitstalling met speletjies bederf, terwyl die gewilde ritte agterop die John Deere-waentjies vir heelwat opgewondenheid gesorg het.
Vir die jonger besoekers was dit ’n kans om die wêreld van landbou op ’n prettige en onvergeetlike manier te ervaar. Dit is juis hierdie kombinasie van landbou, mense en familie wat Bergskou so ’n besondere geleentheid maak.
AFGRI Retail bied iets vir elke behoefte
AFGRI Retail het ook ’n sterk teenwoordigheid by die skou gehad, met ’n wye verskeidenheid produkte op uitstalling.
Besoekers kon onder meer deur produkte soos draad, besproeiingstoerusting, saad, kunsmis, houtskool en braaiprodukte blaai. Daar was ook ’n verskeidenheid klere, pette en baadjies beskikbaar.
Die uiteenlopende reeks het weereens gewys hoe AFGRI se produkaanbod daarop gerig is om aan die verskillende behoeftes van produsente, plaasgemeenskappe en die breër landboumark te voldoen.
Tot volgende jaar, Bergskou!
Bergskou 2026 was ’n ware viering van landbou, tegnologie, mense en gemeenskap. Vir AFGRI was dit ’n voorreg om as een van die hoofborge deel te wees van hierdie besonderse geleentheid en om weer van aangesig tot aangesig met kliënte, produsente en die publiek te kon skakel.
Dankie aan die Bergskou-organiseerders vir ’n suksesvolle geleentheid, en aan elke besoeker wat by AFGRI se uitstalling kom kuier het. Ons waardeer die gesprekke, belangstelling en ondersteuning.
AFGRI sien uit na die volgende Bergskou!
Beleef die #AFGRIequipmentVOORDEEL
Van die masjiene wat op die plaas werk tot die tegnologie, produkte en mense daaragter, AFGRI is trots om deel te wees van die gemeenskappe wat Suid-Afrikaanse landbou vorentoe neem.
Beleef die #AFGRIequipmentVOORDEEL.



